
Elke lente tower Moeder Natuur haar wêreldberoemde, asemrowende blommeweelde op waaroor almal dit eens is: jy moet dit ten minste een keer in jou lewe ervaar.
Die kleurvolle tafereel van inheemse blomme wat die Kaapse Weskus tot in Namakwaland en die Cederberge soos ‘n mat bedek, lok besoekers van heinde en verre wat hulle aan hierde botaniese meesterstuk kom verwonder.
Vir diegene wat graag die skoonheid van die lenteveldblomme in Augustus en September ten volle wil indrink, is daar ‘n hoogs aanbevole en unieke driedagtoer beskikbaar. Dit bied jou ‘n voorste sitplek om die veldblomskouspel in die gerief van ‘n begeleide toer met ‘n chauffeur te geniet.
Die Weskus-Lenteblommetoer strek oor drie dae en neem jou op ‘n warrelwindreis langs die Kaapse Weskus, en binnelands na die Cederberge en Klein Namakwaland, met besoeke aan net die beste blommekykpunte langs die pad.
‘n Vinnige oorsig van die toer
Op dag een word gaste by The Lodge at Atlantic Beach in Melkbosstrand opgelaai en na ontbyt vertrek die toer na Citrusdal, die beginpunt van die blommeskou. Na ‘n vinnige stop in Piekenierskloofpas vir koffie en verversings, word gaste op Clanwilliam op ‘n smaaklike middagete getrakteer. Daarna reis die geselskap voort na die asemrowende Biedouwvallei met sy blommekomberse. Die eerste nag van die toer word by die Letsatsi Lodge op Vanrhynsdorp gespandeer, waar aandete geniet sal word.
Op dag twee, na ‘n smaaklike ontbyt, besoek gaste die vetplantkwekery op Vanrhynsdorp voordat hulle verder gaan na Nieuwoudtville oor die imposante Vanrhynspas. Hier verken die toer die Kokerboomwoud, gevolg deur die Nieuwoudtville-watervalle. Die res van die oggend word gewy aan die blommeplaas op Matjiesfontein, met middagete op die Matjiesfontein-plaas. Die dag word afgerond met ‘n besoek aan die merkwaardige Hantam Botaniese Tuine voordat die toer na Vanrhynsdorp terugkeer vir die tweede nag en aandete.
Op die derde en laaste dag keer die toer terug via Clanwilliam, Leopoldtsville en Dwarskersbos, en dan deur Velddrif na Langebaan. Op Velddrif word ook besoek gebring aan die bekende Bokkomlaan, ‘n grondpad wat langs die pragtige Bergrivier drentel en ‘n erfenisterrein en lewende museum is. Hierna neem die chauffeur gaste na die Postberg Blommereservaat vir nog meer ongelooflike blommeprag en ‘n piekniekmiddagete. Dit is beslis ‘n hoogtepunt van die dag, en die toer, aangesien hierdie deel van die reservaat slegs vir twee maande van die jaar vir die publiek oop is!
In die laatmiddag keer die toer terug na die The Lodge at Atlantic Beach in Melkbosstrand, waar die blommereis ten einde loop. Die toer sluit in twee nagte by The Lodge at Atlantic Beach (voor en na die ekskursiedatums), twee nagte by Letsatsi Lodge in Vanrhynsdorp, vier ontbyte, drie middagetes, drie aandetes, water en peuselhappies op die bus, koffie- en wynproestopplekke, sowel as vervoer in moderne, lugverkoelde voertuie deur ‘n geregistreerde Cathseta-gids. Gaste het ook die opsie om na en van die Kaapstad Internasionale Lughawe vervoer te word indien hulle na die Kaap vlieg vir die toer.
“Nêrens ander ter wêreld kan ‘n mens so ‘n dramatiese, opwindende en uitbundige lenteontwaking beleef nie. West Coast Way is baie opgewonde oor die driedag-Weskus Lenteblommetoer en veral om mense die geleentheid te bied om hierdie jaarlikse natuurskouspel intiem te kan ervaar. Gaste kan daarna uitsien om hulself te verloor in ‘n kaleidoskoop van kleur, kultuur, opwindende aktiwiteite, gulhartige mense en pragtige tonele, waar ‘n nuwe en boeiende ervaring om elke hoek wag,” sê Carmen Lerm, stigter en HUB van West Coast Way.
Vertrekdatums vir die toer is geskeduleer vir Sondag 13 Augustus, Donderdag 17 Augustus, Sondag 27 Augustus en Vrydag 1 September. Die koste per persoon wat deel is R12 000.00 (BTW ingesluit), met ‘n enkelaanvulling van R2 300.00 (BTW ingesluit) vir persone wat op hulle eie reis. Vir diegene wat nie akkommodasie in Kaapstad benodig nie, is die koste R10 235.00 (BTW ingesluit) per persoon wat deel.
Vir meer inligting of om te bespreek, besoek Book: 3 Day West Coast Wild Flower Tour – West Coast Way of kontak zubeida@westcoastway.co.za; 072 392 4017.